Kuier saam met die muile: Saamsit en Aspris en hul makkers, die plaashonde Bella en De la Rey, op die plaas. Hulle avonture, kaskenades en die lewenslessies wat hulle padlangs leer.
Saamsit en Aspris se stories raak temas aan soos goeie selfbeeld, boeliegedrag, spanwerk, hoe om ‘n positiewe gesindheid te behou en goeie rentmeesterskap.